Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/25/2010

Maalvleispastei met 'n ryskors

1 dik sny brood, korsies verwyder
bietjie melk
sout en peper na smaak
5 ml koljander
37,5 ml asyn
500 g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50 ml gerasperde kaas

Week brood in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel.

Voeg geurmiddels by maalvleis.
Voeg brood by en meng.
Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by.

Druk die helfte van die mengsel liggies in 'n gesmeerde oondskottel.
Rangskik spekvleis en kaas bo-op.
Plaas res van vleismengsel bo-oor.
Skep kors oor vleismengsel.

Kors:
2 eiers
125 ml melk
12,5 ml gesmelte botter
125 ml gaar rys
125 ml meelblom
5 ml bakpoeier
125 ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by.
Voeg botter en rys by.
Sif meelblom en bakpoeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel.
Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180ºC.

No comments :

Post a Comment