Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/24/2010

Malvalekkers / Marshmallows

30 ml gelatien
125 ml koue water
500 ml strooisuiker
125 ml kookwater
pienk voedselkleursel
10 ml vanielje geursel
versiersuiker om lekkers in te rol

Spuit ‘n 2,5 liter bak met kleefwerende kossproei.

Week die gelatien in die koue water tot sponsagtig.
Verhit stadig totdat dit heeltemal opgelos is.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die vanielje geursel en versiersuiker.
Klits 7 - 10 minute lank met ‘n elektriese klitser totdat die mengsel begin verdik. Kleur met ongeveer 12 druppels voedselkleursel en voeg ook die vanielje geursel by.
Meng goed en giet uit in die voorbereide bak sodat die mengsel sowat 1,5 cm diep daarin lê.

Plaas in yskas tot gestol en sny dan in blokkies.
Rol in versiersuiker [indien verkies].

Lewer 65 blokkies.

No comments :

Post a Comment