Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/02/2010

Rooi fluweelkoek

Koek:
100 g botter
350 g suiker
2 eiers
75 ml kakao
30 ml kookwater
2 bottels (30 ml elk) voedselkleursel
520 ml koekmeelblom
5 ml sout
250 ml karringmelk
5 ml vanielje geursel
5 ml koeksoda
5 ml witasyn

Voorverhit die oond tot 180ºC.

Smeer twee 20 cm losboomkoekpanne met margarien.

Verroom die botter en suiker saam tot lig en romerig.
Voeg die eiers een vir een by en klits na elke byvoeging.

Meng die kakao, kookwater en voedselkleursel saam om ‘n stywe pasta te vorm.
Voeg by die bottermengsel en meng.

Sif die koekmeelblom en sout saam.
Meng ook die karringmelk en vanieljegeursel saam.
Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel.
Meng laastens die koeksoda en asyn saam en voeg by die mengsel. Meng goed.

Verdeel die mengsel in twee gelyke dele en skep in die voorbereide koekpanne.

Bak sowat 30 minute lank of totdat pen skoon uit die middel van die koek kom.

Versiersel:
250 ml melk
90 ml koekmeelblom
275 ml suiker
250 ml botter
5 ml vanielje geursel
sjokolade-vermicelli om bo-oor te strooi

Voeg ‘n bietjie van die melk by die koekmeelblom en meng tot ‘n gladde pasta.

Bring die res van die melk saam met die suiker tot kookpunt. Roer gedurig.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die meelpasta en meng goed.
Voeg by die warm melk en kook oor lae hitte tot gaar en dik. Roer gedurig.

Verroom die botter tot sag.
Voeg die vanieljegeursel by.
Giet die melkmengsel by en klits totdat dit lyk soos styfgeklopte room.
Koel af.

Smeer ‘n bietjie van die versiersel op 1 koeklaag en plaas die ander koeklaag bo-op. Versier die koek met die res van die versiersel.
Strooi ‘n bietjie vermicelli bo-oor.

1 comment :

  1. Anonymous9/3/11 11:13

    Is die koek ook vir diabete? Wat is die kj ,vette ens

    ReplyDelete