Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/14/2010

Vis khichari

Khichari is 'n Indiese gereg. Dit is voedsaam, maklik verteerbaar, kan enige tyd van die dag geëet word en bied vertroosting vir die wat dit nodig het.

Hierdie resep is vir 'n vis khichari met 'n Suid-Afrikaanse afronding.

150 ml bruin basmati rys, gekook volgens die instruksies op die verpakking
4 stokvisfilette, gebak op 'n gesmeerde bakplaat en dan gevlok
10 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
30 ml kerriepoeier
5 ml vars gemmer, fyngekap
5 ml vars rissie, fyngekap ('n baie matige rissie sonder die pitte)
4 gedroogde kerrieblare
sap van 'n halwe suurlemoen
125 ml water
30 ml Mrs Balls blatjang (vir die Suid-Afrikaanse afronding)
3 eiers, hardgekook en in kwarte gesny
60 ml vars koljander

Verhit die olie in 'n pot en braai die ui en knoffel tot sag.
Voeg die kerriepoeier, gemmer, rissie en kerrieblare by en kook vir 1 minuut.
Voeg die suurlemoensap, water en blatjang by en kook vir nog 'n minuut.
Meng die vis en rys by en verhit stadig.

Verwyder die gereg van die hitte en roer die koljander by.
Plaas die eiers bo-op en bedien.

No comments :

Post a Comment