Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/13/2010

Hoenderlewers in mieliemeel

Hierdie is die tipiese hoenderlewers soos dit in Suid-Afrikaanse townships gemaak en bedien word.

(hierdie skakel neem jou na die gewone metode vir hoenderlewers)

250 g vars hoenderlewers, goed skoongemaak
sout
varsgemaalde swartpeper
1 koppie mieiliemeel
2 eetlepels sonneblomolie

Strooi sout en varsgemaalde swartpeper oor die hoenderlewers.
Gooi die meel in 'n bord en rol die hoenderlewers daarin tot dit goed bedek is.

Verhit die olie in 'n pan en braai elke lewer vir omtrent 5 minute - tot gaar.

Bedien die hoenderlewers met pap, gekapte tamatie en chakalaka.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment