Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/16/2010

Waatlemoenkonfyt / Watermelon Jam

Verwyder die groen skil en sagte binneste van 'n waatlemoen.

Sny die wit skil in stukke.

Prik elke stuk baie goed met ‘n vurk en weeg die stukke.

Plaas die waatlemoen oornag in 'n kalkoplossing gemaak van 12,5 ml kalk en 3,6 liter water.

Spoel die volgende dag baie goed af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur.

Plaas skoon water in 'n groot kastrol en verhit tot kookpunt.
Voeg die stukke waatlemoen een vir een by terwyl die water voortdurend kook.
Indien die water ophou kook, sal die stukke pap word.
Kook tot die stukke helder is en 'n tandestokkie maklik daardeur gesteek kan word.

Berei 'n stroop voor van 500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g waatlemoen en verhit tot kookpunt.

Suig deur en plaas terug in die kastrol.
Verhit weer tot kookpunt en voeg die sap van 1 suurlemoen, 'n knypie sout en 5 gemmerstukke by.
Voeg die stukke waatlemoen een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is.

Pak in skoon gesteriliseerde bottels en verseël.

No comments :

Post a Comment