knippie sout
150 ml water
2,5 ml kremetart
12,5 ml suurlemoensap
oranje kleursel
Roer die suiker, sout en die water in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.
Laat dit dan liggies kook.
Skraap al die suikerkristalle van die kante van die kastrol af of kook dit vir 3 minute lank met die deksel op om die kristalle op te los.
Voeg die kremetart by en kook dan sonder die deksel tot dit die harde kraakstadium bereik as dit in koue water getoets word. Die mengsel sal van kleur verander as dit daardie temperatuur bereik.
Voeg die suurlemoensap, geursel en kleursel by en verwyder van die hitte.
Drup dit van die kastrol op ‘n gesmeerde marmerblad of plat enemmelskinkbord sodat klein ronde klontjies vorm.
Laat dit koud en hard word en pak dit in ‘n digte fles weg.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment