4 koppies broodkrummels
4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei
2 eetlepels botter
appelkooskonfyt
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
4 eetlepels suiker
Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by.
Gooi melkmengsel oor die brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel.
Sit klein blokkies botter bo-op.
Bak in ‘n matige oond (180ºC) tot ligbruin.
Haal uit en smeer appelkooskonfyt liggies bo-op.
Klop die wit van eiers styf met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt.
Bak dit weer in ‘n matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is.
Bedien warm met vla.
No comments :
Post a Comment