Polpette is Italiaans vir frikkadelle. Hierdie tradisioneel Italiaanse resep vir frikkadelle met brandewyn val so reg in die Suid-Afrikaanse smaak.
Vir 4 persone het jy 400 g maalvleis nodig. Meng dit met 50 g ham wat jy fyn opgesny het. Geur met sout en peper.
Meng die vleis met 2 eiergele, 50 g gerasperde Parmesan, 1 spriet pietersielie wat fyn opgekap is en 4 eetlepels witsous. Rol die mengsel in balle en besprinkel dit met meel.
Kap 1 ui op en braai dit in 50 g botter vir 5 minute oor lae hitte. Verhoog die hitte en plaas jou frikkadelle in die pan. Braai die frikkadelle vir 1 minuut. Sorg dat dit aan alle kante bruin braai. Draai die hitte tot op die laagste en laat die ui en frikkadelle saggies kook vir 15 minute.
Verwyder die frikkadelle en hou warm. Voeg 3 eetlepels water en een eetlepel brandewyn by die ui en pansappe. Kook tot die mengsel tot verdik.
Gooi die brandewynsous oor die frikkadelle en bedien dadelik.
No comments :
Post a Comment