Plaas ’n koppie suiker en ’n ½ koppie water in ’n kastrol.
Verhit die mengsel en roer tot die suiker opgelos is.
Bring dit nou tot kookpunt en kook tot die mengsel ’n karamelkleur begin kry.
Gooi onmiddellik in ’n oondvaste bak met ’n 2 liter kapasiteit.
Klits ’n blikkie kondensmelk, ’n blikkie water, 4 eiers en 5 mℓ vanillaekstrak saam.
Gooi die geklitste bestanddele deur ’n sif by die karamel.
Plaas die bak in ’n groter bak met warm water en plaas versigtig in die oond.
Bak dit vir ’n uur of twee, tot die karamel gestol het.
Laat die karamel in die oond afkoel voor jy dit in die yskas plaas.

No comments :
Post a Comment