Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/27/2010

Raita / Raitha

Raita is 'n Indiese sousie met vele gebruike. Dit is heerlik as 'n doopsous saam met brode of saam met 'n sterk kerrie. Tradisioneel is dit ten minste jogurt, rissiepoeier / rooipeper en geroosterde komynsade.

1 klein komkommer, fyngekap
’n koppie jogurt
’n hand vol vars koljander, fyngekap
1 groen rissie, fyngekap (nie ’n sterk rissie nie, probeer ’n jalapeno)

Meng al die bestanddele saam. Klop dit sommer lekker hardhandig.


No comments :

Post a Comment