1 liter melk
½ kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandel essens
10 ml fyn kaneel
Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek.
Meng meel, suiker, sout en bakpoeier.
Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele.
Klop melkmengsel by die meelmengsel.
Voeg amandelekstrak by.
Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt.
Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het).
Smeer tertbak mildelik met sagte botter.
Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al beskikbaar is).
Klop eierwitte met 'n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm.
Klits melktertmengsel om klonte te verwyder.
Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke).
Sprinkel met kaneel.
Bak 25 - 35 minute by 190ºC.
Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel.
Sit warm of by kamertemperatuur voor.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
4/22/2010
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment