Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/21/2010

Salm met vanilla, appelkoos en pikantrissie

Meng 60 mℓ crème fraîche met die sade van 1 vanillapeul en 5 mℓ vanillaekstrak.
Geur 6 salmfilette van ongeveer 200 g elk met sout. Gebruik sout van goeie kwaliteit, byvoorbeeld Maldon.
Smeer nou die room oor die filette.

Kombineer 200 mℓ appelkooskonfyt, 6 fyngekapte pikantrissies (Peppadews), 150 mℓ witwyn, 2 cm fyngekapte, vars gemmer en die skil en sap van een lemmetjie in ’n pan. Bring die bestanddele tot kookpunt en haal dadelik van die plaat af.

Intussen rooster jy jou salm onder ’n warm oondrooster vir 3 minute.
Haal uit die oond, smeer met die konfytmengsel en bedien dadelik met vars koljander.

(die resep is vir 6 persone)

No comments :

Post a Comment