Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/12/2010

Ryspoeding / Rice Pudding

250 ml rou rys
1 liter melk
250 ml suiker
4 ekstra groot eiers, geklits
1 blikkie ingedampte melk
10 ml vanielje geursel
60 ml sagte bruinsuiker

Kook die rys volgens aanwysings op die pakkie tot gaar en dreineer.
Plaas gaar rys terug in die kastrol [matige hitte] en voeg die melk en suiker by.
Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat sowat 45 minute lank stadig prut totdat meeste van die melk afgekook het en die mengsel romerig is.
Verwyder van hitte en laat effens afkoel.

Voorverhit intussen die oond tot 160ºC en bespuit 7 klein glasbakkies (ramekins) met kleefwerende kossproei.

Klits die eiers, ingedampte melk en vanielje geursel saam en roer by die rys in.
Verdeel die mengsel in die ramekins en plaas in 'n dieperige oondpan.
Vul die pan halfpad met kookwater.

Plaas in die oond en bak sowat 45 minute lank of tot gestol.

Laat staan 15 minute lank in die water.

Verwyder die glasbakkies (ramekins) uit die water en sprinkel 'n dik lagie bruinsuiker bo-op elkeen.
Laat net so staan tot voordat dit voorgesit word.

Verhit die rooster element van die oond en plaas die poedings ongeveer 20 cm van die element.
Rooster totdat die bruinsuiker gesmelt en gekarameliseer is.
Verwyder en sit voor.

Die bruinsuiker maak 'n harde lagie bo-op die poeding wat met die lepel gebreek word om by die sagte poeding onder uit te kom.


(foto Denis Battail)

No comments :

Post a Comment