Engelse kosskrywers verskil van die Skotte. Hulle beweer Skotse eiers is die uitvindsel van ’n winkel in Londen, Fortnum & Mason, in 1738.
Om Skotse eiers te maak het jy een hardgekookte eier nodig per persoon. Rol die eiers in ‘’n bietjie meel.
Die vleis is maalvleis wat gebruik word om wors mee te stop. Tradisionele boerewors pas perfek by hierdie eiers. Jy het omtrent 60 g vleis per eier nodig. Maak die eier aan alle kante toe met die vleis. Jy sal eindig met iets wat lyk soos ’n groot vleiseier.
Klits een eier by 125 mℓ melk vir ’n mengsel waarmee jy die vleiseiers verf. Nadat jy dit met die eiermengsel geverf het rol jy die eiers in broodkrummels.

Koel die eiers af vir 10 minute voor jy dit bedien. Sny in die lengte oop wanneer jy dit voorsit. Sorg dat daar ’n paar druppels sterk mosterd byderhand is vir die eiers.
Die eiers is steeds lekker saam met ’n stuk brood en ’n bier, of die Skotte nou die storie opmaak of nie.
(foto geneem by die Fort Street Brewery in Lincoln Park, Chicago, deur Rex Roof)
No comments :
Post a Comment