Kom bring ‘n gesellige oggend deur saam met die bekende aktrise, Sandra Prinsloo, wat as gasvrou optree. Gaste kan uitsien na ‘n heerlike ontbyt met Fair Cape se Free Range suiwelprodukte asook ‘n Rooibos-geïnspireerde middagete deur Jaco Slabber van die Olifantshuis-restaurant op Clanwilliam.
Jy kan ook ‘n glasie klink met Cederberg Wyne.
Hoogtepunte op die program sluit in ‘n kabaretvertoning deur Niël Rademan en ‘n kosdemonstrasie met SARIE se Herman Lensing wat sy passie en liefde vir kos ten toon kom stel.
Elke gas word bederf met ‘n geskenkpak met SARIE se Mei-uitgawe, ‘n klein voorbeeld van die parfuum pureDKNY en ‘n Estee Lauder-geskenkpak ter waarde van R1 000. Gaste kan dié dag teen ‘n spesiale prys op SARIE en SARIE KOS inteken en daarmee saam ‘n geskenkie ontvang.
Moontlik gemaak deur: Rooibos Beperk
Kaartjies: R220 per persoon (slegs vir die Vroueoggend) en R270 per persoon vir die Vroueoggend insluitend ‘n kaartjie vir Die Naaimasjien vir die 15:30 opvoering op 30 April of op 1 Mei 2010. Besprekings: voor 20 April 2010 by Mariska van der Merwe by telefoon 027 482 2155.
Cederberg Kunstefees 2010
No comments :
Post a comment