6 repe swoerdlose strepiespek, gekap
4 snye witbrood, korsies afgesny
30 ml botter
2 groot uie, fyngekap
4 groot wortels, gerasper
500 ml oranje lensies, gewas
3 selderystingels, punte verwyder en gekap
2 liter hoenderaftreksel
2 lourierblare
2 ml gedroogde basiliekruid
15 ml pietersielie, vars gekap
15 ml suurlemoensap
Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou eenkant.
Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan.
Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant (croûtons).
Verhit die botter in 'n groot kastrol.
Soteer die uie vir 2 minute.
Voeg die seldery en wortels by en kook vir 4 minute. Roer 2 keer.
Voeg die lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank stadig prut. Roer af en toe.
Roer die spek en pietersielie net voor opdiening by.
Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croûtons bo-op.
(Lewer 6 porsies.)
No comments :
Post a Comment