Dit is geskik as 'n happie op 'n stukkie rogbrood of 'n beskuitjie.
350 g hoenderlewers
olie
½ ui, fyngekap
2 hardgekookte eiers
1 selderystingel, fyngekap
½ groen soetrissie, ontpit en fyngekap
sout
varsgemaalde swartpeper
botter
Braai die hoenderlewers in olie tot ferm, maar nog pienk aan die binnekant.
Braai die uie in dieselfde olie tot deurskynend.
Plaas die hoenderlewers, uie en eiers in ’n voedselverwerker en maak baie fyn.
Meng al die bestanddele nou saam in ’n mengbak met genoeg botter om die mengsel mooi glad te maak.(die resep is genoeg vir 6 persone)
No comments :
Post a Comment