Kortliks is dit seekos gemarineer in suurlemoen- of lemmetjiesap. Die onderstaande resep marineer die vis vir 3 ure, ’n tradisionele manier van doen. Vandag se resepte is so ontwerp dat dit vir minder as ’n uur marineer. Die meeste seekos is geskik vir die resep.
450 g heilbot of enige ander ferm wit vis met min vet, die vel verwyder en in blokkies gesny
die sap van 2 suurlemoene of lemmetjies
225 g tamaties, geskil, ontpit en fyn gestamp
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
4 eetlepels olyfolie
4 eetlepels fyngekapte pietersielie
2 eetlepels wynasyn
½ teelepel origanum
sout
varsgemaalde swartpeper
1 avokado vir garnering
olywe vir garnering
Plaas die vis in ’n glasbak en gooi die sap daaroor.
Marineer dit vir 3 ure. Draai dit nou en dan om met ’n houtlepel.
Voeg die res van die bestanddele (behalwe garnering) by en meng.
Bedien koud. Garneer met avokado en olywe voor opdiening.In klein hoeveelhede is hierdie 'n perfekte voorgereg.
No comments :
Post a Comment