Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/30/2010

Klipvis met kappertjiesous / Coral Fish with Caper Sauce


Klipvis met kappertjiesous



Kookkuns Resepte

Indien jy nie klipvis kan kry nie kan jy enige ander ferm witvis gebruik vir hierdie resep.

Voorbereidingstyd: 20 minute
Kooktyd: 10 minute
Totale tyd: 30 minute
Bedien: 4 persone

Bestanddele:
Die vis:
800 g klipvis, in 4 porsies gesny
1 grypie sout
1 grypie peper
250 ml meel
50 ml botter
50 ml olie
45 ml vars pietersielie, gekap
Die sous:
8 olywe, ontpit en gekap
30 ml kappertjiesaad, opgekap
1 suurlemoen, die gerasperde skil en sap
1 grypie swartpeper, varsgemaal
30 ml vars pietersielie, gekap

Metode:
Maak die vis skoon en daarna droog jy dit goed af met kombuispapier.

Meng meel (genoeg om oor die vis te strooi) met sout en peper.

Strooi die meel oor alle kante van die vis.

Verhit botter en olie saam in ’n pan en braai die vis liggies, 4 minute aan ’n kant.
Gooi deurentyd die pietersielie by.
Verwyder die vis uit die pan en hou warm.

Meng al die bestanddele vir die sous en gooi dit in die pan waarin die vis was.
Verhoog die hitte tot die sous begin kook – voeg ekstra botter en olie by indien nodig.
Sodra die sous warm is plaas jy die vis terug in die pan vir ’n minuut of twee.

Bedien die vis saam met ’n Franse brood en ’n slaai wat gewoon bestaan uit tamatie, komkommer, sout en olyfolie.

No comments :

Post a Comment