Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/29/2010

Indiese eierkerrie


Indiese eierkerrie



Kookkuns Resepte

’n Lekker warm Indiese kerrie met plaaslike bestanddele.

Voorbereidingstyd: 15 minute
Kooktyd: 30 minute
Totale tyd: 45 minute
Bedien: 3 persone

Bestanddele:
6 eiers, hardgekook
1 ui, in kwarte gesny
100 ml tamatiepuree
1 knoffelhuisie
1 cm vars gemmer
1 rissie
1 grypie sout
½ teelepel rissiepoeier
¾ teelepel borrie
½ teelepel gemaalde koljander
¾ teelepel garam masala
3 eetlepels olie
blikkie ertjies
handvol vars koljander

Metode:
Maak die ui, knoffel en rissie saam fyn in ’n voedselverwerker tot ’n pasta.

Verhit die olie in ’n wok en braai die uiemengsel tot goudbruin.

Voeg die borrie, gemaalde koljander, rissiepoeier, garam masala, gemmer en sout by en braai vir ’n minuut.
Voeg die tamatiepuree by en braai tot die mengsel begin olie afgee.
Voeg ’n koppie water by en kook tot die mengsel begin droog raak.
Voeg die ertjies, eiers en nog ’n koppie water by.
Prut vir 10 minute.

Garneer met vars koljander voor jy dit bedien met paratha, roti of rys.

No comments :

Post a Comment