Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/24/2010

Portugese kabeljou

Verras jou gaste deur kabeljou op die Portugese manier gaar te maak.

450 g kabeljou filette
6 eetlepels olyfolie
4 eetlepels asyn

Vir die uiesous het jy die volgende nodig:
1 ui, fyn opgesny
4 eetlepels vars, fyngekapte pietersielie
6 eetlepels olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
sout
varsgemaalde swartpeper

Maak die sous vooraf deur al die bestanddele goed te meng en hou dit in die yskas tot die vis gereed is.

Week die kabeljou oornag in koue water.

Dreineer die vis, plaas in ’n diep pan, bedek met koue water en bring stadig tot kookpunt.
Verwyder van die hitte sodra dit kook en laat dit vir 10 minute so staan.

Dreineer die vis en braai stadig in die olyfolie tot goudbruin.
Verwyder dit van die hitte, gooi die asyn oor en laat so staan vir 5 minute.

Bedien in ’n warm skottel met die sous oor die filette.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment