Ander name vir die slaai is die Crab Louis Salad of King of Salads.
450 g gaar krapvleis, gevlok – Suid-Afrikaners moet gewoonlik tevrede wees met geblikte klapvleis
100 g seldery, fyngekap
2 eetlepels fyngekapte rooi soetrissie
die sap van 1 suurlemoen
droë mosterd
sout
varsgemaalde swartpeper
cayenne peper
150 mℓ mayonnaise
slaaiblare
4 tamaties, in kwarte gesny
½ komkommer, in dun skyfies gesny
½ blikkie aspersiepunte
2 hardgekookte eiers, in kwarte gesny
8 swart olywe, ontpit
vars pietersielie, fyngekap

Geur met die suurlemoensap, mosterd, sout en peper na smaak.
Meng die slaai met mayonnaise en skep op slaaiblare.
Garneer met die tamaties, komkommer, aspersie, eiers en olywe.
Strooi pietersielie oor en bedien.
Hierdie resep is genoeg vir 4 persone.
No comments :
Post a Comment