Kook en geniet se kleinsus is perfek vir beginners van alle ouderdomme! Met ’n splinternuwe, prettige omslag, bevat dit emer as 60 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur die bekende S.J.A. de Villiers en haar dogter, Eunice.
Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurillustrasies verduidelik en leer jou:
Hoe om resepte te gebruik
Hoe om te meet
Wat kookterme beteken
Hoe om basiese kombuisgereedskap te gebruik
Leer kook met Klein kook en geniet en jy sal met selfvertroue dieselfde basiese metodes kan toepas om uit enige resepteboek kos te maak!
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment