Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/05/2010

Gebakte Mexikaanse bone en rys


Gebakte Mexikaanse bone en rys



Kookkuns Resepte

Bedien die bone en rys as hoofgereg, saam met gestoomde artisjokke en 'n groenslaai.

Voorbereidingstyd: 30 minute
Kooktyd: 40 minute
Totale tyd: 1 uur 10 minute

Bestanddele:
1 eetlepel olie
1 ui, fyngekap
2 stokke seldery
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
170 g tamatiepasta
1 teelepel gemaalde komyn
1 teelepel rissiepoeier
1 teelepel gemaalde basilie
½ teelepel gemaalde oreganum
3 eetlepels sojasous
4 koppies gekookte bruinrys
½ koppie vars pietersielie, fyngekap
3 tamaties, in dun skywe gesny
3 koppies gekookte bone
3 knoffelhuisies, fyngekap

Metode:
Verhit die olie in 'n pan en braai die uie, seldery en soetrissie tot dit amper sag is.

Plaas die bone, ¼ koppie water, die tamatiepasta, sojasous en die speserye en kruie (behalwe die pietersielie) in 'n voedselverwerker. Verwerk dit tot 'n puree.

Meng die puree met die gebraaide groente.

In 'n aparte bak meng jy die pietersielie en die bruinrys.

Olie 'n diep oondbak.
Skep die helfte van die rys op die bodem van die bak.
Smeer die helfte van die bonemengsel oor die rys en bedek met die helfte van die tamatie.
Strooi die helfte van die knoffel oor die tamaties.
Herhaal nou die lae.

Bak vir 40 minute by 180ºC.

No comments :

Post a Comment