Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2010

Lewerkoekies

500 g skaaplewer
4 middelslag aartappels
250 ml gesnyde groenboontjies
2 spinasieblare

1 middelslag tamatie 1 ui
1 sny brood 3 eiers
180 ml ongesif afgemeet meelblom 15 ml bakpoeier
10 ml sout 1 ml peper
olie

Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke.

Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui.

Maal die brood laaste (sodat jy terselfdertyd die meul skoonmaak).
Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed.
Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng.

Vorm die mengsel tot plat, ronde koekies en plaas stadig in vlak warm kookolie.
Braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin, draai die koekies om en braai aan die ander kant.

Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor.

Hierdie koekies vries goed.

No comments :

Post a Comment