Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/19/2010

Lekker hoender

2 hoenders

Marinade:
175 ml olie
125 ml blatjang
125 ml HP sous
125 ml tamatiesous
125 ml Worcestersous
50 ml Aromat
25 ml knoffelsout
20 ml braaivleisspeserye
20 ml borrie
5 ml peri-peri poeier
5 ml gemengde kruie
1 knoffelhuisie, geskil en gekneus

Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water.
Droog die porsies af met kombuispapier.

Meng die bestanddele vir die marinade.

Gebruik 'n bak met 'n deksel wat goed kan verseël.
Pak die hoenderstukke daarin en bedek elke laag met marinade.
Sit die deksel op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur marineer.
Draai dit twee keer in die tyd om.

Plaas die porsies met die marinade in 'n enkele laag in 'n groot oondpan.
Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100ºC, maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te bruin word.

No comments :

Post a Comment