450 g tamaties, geskil, die pitte verwyder en in kwarte gesny
1 komkommer, in blokkies gesny
1 eetlepel pietersielie, gekap
1 teelepel grasuie, gekap
1 teelepel kruisement, gekap
knippie sout
Meng die vrugte en groente, gooi Franse slaaisous oor, bedek die bak en plaas in die yskas vir 3 ure.
Meng die kruie en sout by net voor opdiening.
Wenk: Bedien in sopkoppies of klein, diep bakkies met 'n soplepel. Die slaai maak baie sap.
Dit kan saam met 'n Franse brood bedien word.
(resep is genoeg vir 4 persone)
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment