Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/13/2010

Toebroodjiesmeer

’n Bekende mayonnaise handelsmerk het ’n soortgelyke produk op die mark. Met hierdie resep kan jy jou eie maak.

6 geelwortels
2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie
3 uie
1 Engelse komkommer
750 ml wit asyn
750 ml mayonnaise
12,5 ml suiker
sout en peper na smaak

Skraap of skil die geelwortels. Verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in 'n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan.

Dreineer die groente goed en druk dit droog.

Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed.

Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.

Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas.

No comments :

Post a Comment