Die aarbeie moet sowat 3 ure voor die tyd voorberei word.
Was 4 koppies aarbeie, halveer, sprinkel 'n kwart koppie suiker oor en laat in die yskas vir drie ure.
Net voor opdiening klop jy 'n koppie room styf en meng met 4 eetlepels Kirsch tot glad.
Skep die roommengsel oor die aarbeie.
Garneer met kruisement.

(foto Thomas Leong)
(die resep is genoeg vir 6 persone)
No comments :
Post a Comment