Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/09/2010

Absa Kos- en Wynkonsert 2010 Volksblad-kunstefees

Hierdie suksesvolle Kos- en Wynkonsert word vanjaar deur André Mostert (Mostertsdrift); Beyers Truter (Beyerskloof); Lizz Meiring (Mollie van Mollie en Wors) en die bekende sanger André Schwartz by die Volksblad Kunstefees aangebied.

Beyers Truter wêreldwyd bekend as die Pinotage-Koning met sy passie vir rooiwyn sal saam met André Mostert, entrepreneur van Stellenbosch en eienaar van die wynplaas Mostertsdrift die gaste vermaak met interressante vertellings oor wyn en wynmaak.

Vanjaar is die bekende en bekroonde aktrise Liz Meiring deel van die konsertspan en gaan sy defnitief haar hande vol hê met die drie wynmanne. Liz Meiring is bekend as een van Suid-Afrika se mees veelsydige vermaaklikheidskunstenaars.

André Schwartz, die bekende sanger sal vir die musikale vermaak sorg en saam met Lizz die wynmakers aanvat.

Die konsert is ’n wynproe en ligte ververings sal bedien word. Die aanbieders gaan die gehoor meer vertel van wynproe, kuier, kos en wyn, met baie staaltjies daarmee saam. Beslis ’n onvergeetlike ervaring.

Koste: R90-00 per persoon - Kaartjies by Computicket (Slegs drie vertonings) - Die konsertgangers kry gratis toegang tot die Absa Wynsaal.

No comments :

Post a Comment