Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/10/2010

Soetkoekies

Soetkoekies het oorspronklik 'n rooierige kleur gehad. Vandag maak ons hulle nie meer rooi nie, maar dit is steeds van die lekkerste koekies in die tradisionele spens.

750 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml gemaalde naeltjies
5 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde Allspice
5 ml koeksoda
250 ml suiker
250 g botter
2 eiers, geklits
125 ml soetwyn

Sif die droë bestanddele saam en voeg die suiker by.
Vryf die botter by die mengsel tot dit krummelrig is.
Voeg die eiers en wyn by en meng tot dit 'n sagte deeg is.
Laat staan oornag.

Rol die deeg uit tot 'n dikte van 3 mm en druk koekies uit met 'n koekiedrukker.

Plaas die koekies op 'n gesmeerde bakplaat en bak by 200ºC vir 12 minute.

No comments :

Post a Comment