Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/26/2010

Die geheime van tertdeeg / pasteideeg

Jou tertdeeg hoef nooit ’n flop te wees nie. Vir die beste resultate moet jy die volgende reëls nakom:

  • Die oond moet die verlangde hittegraad bereik voor jy die deeg bak.
  • Maak die deeg aan in ’n koel vertrek.
  • Werk met die deeg op ’n marmerblad, deegplank of ’n gelamineerde plastiekoppervlakte. Skraap die oppervlakte skoon na elke keer wat jy die deeg uitrol.
  • ’n Swaar houtrolstok sonder handvatsels rol die beste.
  • Gebruik altyd goedgesifte meel.
  • Indien jy water gebruik moet dit yskoud wees.
  • Lig af en toe die mengsel hoog uit die mengbak, sodat lug ingewerk word.
  • Moet nie die deeg te lank hanteer nie, dit maak dit vetterig.
  • Verkoel die deeg vir 30 minute na die tyd.

Let daarop dat indien ’n resep vra vir bv. 500 g tert- of pasteideeg verwys dit gewoonlik nie
na klaargemaakte deeg nie, maar na die hoeveelheid deeg wat verkry word deur 500 g meel te gebruik.

No comments :

Post a Comment