Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/27/2010

SA Terroir Wyntoekennings 2010

Kaapzicht is die top presteerder in vanjaar se SA Terroir Wyntoekennings met twee nasionale wenners, die Kaapzicht Steytler Vision 2007 vir beste rooi versnit en Kaapzicht Merlot 2007 vir beste merlot.

Uit dieselfde omgewing het Wildekrans se Wildekrans Chenin Blanc Barrel Select 2009 die prys ingepalm vir beste chenin blanc en hulle Wildekrans Chenin MCC 2008 is aagewys as die beste vonkelwyn.

Die prys vir die beste cabernet sauvignon het gegaan aan Klein Constantia vir die Klein Constantia Cabernet Sauvignon 2008. Hulle het ook 'n prys gewen met die Klein Constantia Vin de Constance 2006 wat aangewys is as beste natuurlike soetwyn.

Ander wenners was Plaisir de Merle Cabernet Franc 2008 - beste cabernet franc, Bartinney Chardonnay 2008 - beste chardonnay, De Grendel Winifred 2009 - beste wit versnit, Diemersfontein Carpe Diem Pinotage 2008 - beste pinotage, Bloemendal Sauvignon Blanc 2009 - beste sauvignon blanc, Neethlingshof Malbec 2009 - beste malbec, Bon Courage Inkará Shiraz 2008 - beste shiraz, Fort Simon Platinum Collection Viognier 2009 - beste Viognier, Signatures of Doolhof Petit Verdot 2008 - beste petit verdot, David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2009 - beste semillon en Slanghoek Red Muscadel 2009 - beste Muscat.

No comments :

Post a Comment