Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/21/2010

Gesmoorde rooikool

Hierdie gereg is baie lekker as jy dit 'n dag vantevore maak en eers met bediening verhit.

900 g rooikool, die stronk uitgesny en die res opgekerf
1 ui, gesnipper
30 g botter
2 appels (kookappels), geskil en in skywe gesny
3 eetlepels asyn
2 eetlepels suiker
sout en peper
30 g beurre manié

Plaas die gekerfde kool in 'n groot kastrol kokende water. Laat dit 1 minuut kook en haal uit.

Smoor die ui in die botter tot sag, maar nie bruin nie.
Voeg die appelskywe by en smoor vir 'n verdere 3 minute.

Pak die kool en appelmengsel in lae in 'n kastrol.
Sprinkel die asyn, 3 eetlepels water, suiker en die sout en peper oor.
Sit 'n laag gesmeerde botterpapier bo-op, sit die deksel op en bak by 160ºC vir 2 uur.
Roer af en toe en voeg 'n bietjie water (of aftreksel) by indien nodig.

Nou roer jy die beurre manié by. Stukkie vir stukkie. Net genoeg om die kool en sappe te bind.

Bedien warm.

(foto Rick Heath)

No comments :

Post a Comment