Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/22/2010

Sjokoladetert

Vir die kors van hierdie tert het jy die volgende bestanddele nodig:
200 g meel
125 g strooisuiker
125 g ongesoute botter, in blokkies gesny
2 groot eiers
45 g kakaopoeier

Sif die meel en voeg die strooisuiker, kakao en blokkies botter by.
Meng en voeg dan die eiers by.
Meng verder tot dit ’n ferm pasta begin vorm.
Plaas die mengsel in die yskas vir 1 uur.

Rasper die stywe pasta in ’n 25 cm tertbak en druk dit met jou vingers vas. Maak seker die deeg is eweredig versprei in die bak.
Plaas terug in die yskas vir 20 minute.

Vir die vulsel benodig jy:
500 g donker sjokolade, gesmelt
200 mℓ melk
350 mℓ room
1 vanieljepeul, oopgesny
3 eiers

Meng die melk, room en vanielje in ’n kastrol en laat dit stadig kook.

Klop die eiers in ’n mengbak. Klop die melkmengsel stadig by. Moet nie te veel klits nie, anders maak dit stukke.
Vou die gesmelte sjokolade by die mengsel.

Gooi die mengsel in die tertkors en plaas dadelik in die oond by 180ºC en bak vir 5 minute.
Verlaag die oondtemperatuur na 150ºC en bak vir nog 10 minute.
Verlaag die oondtemperatuur na 120ºC en bak vir nog 20 minute.
Skakel die oond af met die tert binne-in en laat so staan vir 25 minute.

Bedien jou tert in ’n poel sjokoladesous en garneer met kruisementblare.

No comments :

Post a Comment