Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2010

Kos is op die tafel!

Die resepte in Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies is ’n kombinasie van eie gunstelinge en resepte waarvoor familie en vriende telkemale vra.

Daar is iets onweerstaanbaar aan tuisgemaakte kos en die meerderheid resepte is maklik, eenvoudig en net lekker kuierkos.

Benewens die meer as 150 resepte, word raad vir die gesin se weeklikse kosbeplanning ingesluit asook spyskaarte en inkopielysies. Die moeilikheidsgraad en tydsduur van die resepte word aangedui. Daar word ook aangedui wanneer resepte geskik is vir kinders en/of vegetariërs is.

Hierdie resepteboek is aangewys as 2009 se Gourmand Internasionale Kookboek: Beste maklike kookboek

Prys: ongeveer R170.00
Formaat: Sagteband 210 x 280mm 160pp
ISBN: 978 0 7993 4497 4

No comments :

Post a Comment