Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/30/2010

Biltong-quiche

4 eiers
2 eiergele
140 ml room
140 ml vleisaftreksel
sout en peper na smaak
½ koppie gerasperde biltong
1 17,5 cm-deursnee tertdop
botter

Klop die eiers en eiergele goed saam met die room en aftreksel.
Voeg die biltong by en sout en peper na smaak.

Prik jou tertdop met 'n vurk in 'n oond by 230ºC vir 20 minute tot gaar, maar nog nie bruin nie.
Laat die tertdop afkoel voor jy dit gebruik.

Gooi die biltongvulsel in die tertdop, stip met botter en bak by 180ºC vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment