Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/12/2010

Pitta

Die pitta is 'n brood wat oorspronklik vanaf die Midde-Ooste afkomstig is.

1 pakkie droë gis
½ teelepel suiker
300 mℓ warm water
1 teelepel sout
500 g meel

Roer die gis by die warm water.
Voeg die suiker by.
Laat die mengsel op ’n warm plek staan vir 10 minute.

Meng die gismengsel met die sout en die meel tot ’n deeg.
Knie vir 10 minute.
Plaas die deeg in ’n bak, bedek en laat op ’n warm plek vir 1 ¼ uur.

Knie die deeg af.

Verdeel die deeg in 8 stukke.
Rol elke stuk uit in ’n ovaal vorm (sowat 25 cm x 13 cm).



Plaas die pitas op gesmeerde bakplate en laat staan so vir 8 minute.

Bak vir 8 minute.

Draai die pitas toe in ’n doek, terwyl dit afkoel.

No comments :

Post a Comment