Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/13/2010

Vierkantige sjokoladekoek / Square Chocolate Cake

Jy gaan 2 dae nodig hê om hierdie koek te maak.

Meringue:
Op dag een het jy ’n konfytrolpan nodig. Voer dit uit met bakpapier.

Klits 4 eierwitte en ’n koppies strooisuiker saam tot styf.
Gooi in die konfytrolpan en bak vir 3 uur by 100ºC.

Hou die meringue oornag. Dit is een van die koek se lae.

Sjokoladekoek:
Dag twee voer jy 2 konfytrolpanne uit met bakpapier.

1½ koppie meel
1½ koppie suiker
¼ koppie olie
¼ koppie kookwater
4½ eetlepels kakao
2 teelepels vanieljegeursel
4½ teelepels bakpoeier
6 eierwitte
6 eiergele

Klits die eierwitte styf.

Sif die suiker, meel, kakao en bakpoeier saam.

Meng die olie, water en liggies geklitste eiergele saam.
Voeg die droë bestanddele by die eiergeelmengsel en meng goed.
Vou die eierwitte by en bak vir ongeveer 15 minute by 180ºC.

Laat die koek afkoel.

Sjokoladevulsel:
4 eiergele
1 koppie versiersuiker
200 g sjokolade
125 g margarien

Room die margarien en versiersuiker en klits die eiergele een vir een by. Klits tot donsig.

Smelt die sjokolade in ’n mikrogolfoond tot sag.
Voeg by die bottermengsel.

Roomvulsel:
250 mℓ room
1 koppie versiersuiker
5 mℓ vanieljegeursel

Klits die bestanddele saam tot styf.

Bolaag:
250 mℓ Orley Whip
1 eetlepel kakao
1 eetlepel vanieljegeursel

Klits die bestanddele saam tot styf.

Maak die koek met ’n laag koek, die sjokoladevulsel, die meringue, die roomvulsel, ’n laag sjokoladekoek, gevolg deur die bolaag.
Versier die koek met kersies en sjokoladevlokkies.

No comments :

Post a Comment