Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/10/2010

Groenterys / Vegetable Rice

Koop 'n pak gevriesde, gemengde groente vir die resep en maak (300 ml) half gaar volgens aanwysings. Kook 500 ml witrys gaar volgens aanwysings. Meng die groente en rys. Verder benodig jy:

30 ml olie
10 ml mosterdsaad
12 kerrieblare
die skil en 40 ml van die sap van 'n suurlemoen

Verhit die olie in 'n pan en plaas die mosterdsaad, kerrieblare en suurlemoenskil daarin. Die olie moet nie te warm wees nie.

Die mosterdsaad sal begin skiet en die suurlemoenskil sal begin goudbruin raak op die kante. Wanneer die saad ophou skiet voeg jy die mengsel by die groente en rys.
Meng en laat 'n tydjie staan in 'n warm pot, sodat die geure kan ontwikkel.

No comments :

Post a Comment