30 ml olie
2 uie, dun opgesny
'n blikkie (410 g) tamatiepurée
250 ml water
10 ml opgesnyde knoffel
5 ml sout
2 rissies, fyn opgesny
30 ml suiker
4 naeltjies
4 peperkorrels
Verhit die olie in 'n souspan en braai die uie tot bruin.Voeg die tamatie, water, knoffel, sout, naeltjies en peperkorrels by en prut vir 15 minute.
Roer die suiker by en prut vir nog 5 minute.
Plaas jou gaar frikkadelle in die sous en prut tot die frikkadelle warm is.
Jy kan jou frikkadelle rou in die sous plaas, maar dan moet jy dit vir 15 minute kook.
Heerlik saam met witrys.
No comments :
Post a Comment