Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/28/2010

Tamatie-lemoensop

900 g tamaties
1 ui, gekerf
1 wortel, in skywe gesny
stukkie suurlemoenskil
1 lourierblaar
6 peperkorrels
sout
1 hoenderbouillonblokkie aangemaak met 1,1 liter water en 'n knippie sout, kook af tot driekwart van die vloeistof oorbly
40 g botter
4 eetlepels meelblom
die skil en sap van lemoen
peper
suiker
140 ml room

Sny die tamaties deur en druk die pitte uit.

Sit die tamaties, ui, wortel, suurlemoenskil, lourierblaar, peperkorrels en 'n knippie sout by die aftreksel.
Prut vir 30 minute.
Verwyder die lourierblaar en verwerk in 'n voedselverwerker.

Neem 'n skoon kastrol, smelt die botter daarin en roer die meelblom by.
Gooi die tamatiemengsel by, roer en bring tot kookpunt.

Snipper die lemoenskil en blansjeer dit in kookwater vir 1 minuut.
Dreineer die skil, spoel dit af onder koue water en hou eenkant.

Voeg die lemoensap by die sop en geur met sout, peper en suiker na smaak.

Roer die room net vor bediening by, gevolg deur die lemoenskil.

Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment