Hier is ’n resep wat die Nigeriërs na Suid-Afrika gebring het. Dit kan met vars of gerookte vis gemaak word.
Vir 4 persone het jy 500 g ferm wit vis nodig. Sout en peper die vis, strooi tiemie daaroor en hou eenkant.
Nou braai jy ’n gekapte ui, ’n gekapte rooi soetrissie,’n fyngekapte rissie en 2 fyngekapte knoffelhuisies saam in olie tot sag.
Gooi 125 mℓ tamatiepasta en 500 mℓ groenteaftreksel by die uiemengsel en laat dit vir 20 minute prut.
Knip jou vis in stukke en plaas dit in die sous. Prut vir nog 10 minute.
Roer 125 mℓ fyngekapte pietersielie by die gereg voor jy dit bedien.
Bedien dit op wit rys.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment