Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/12/2010

Amerikaanse groente-vissop / Chowder

Baie mense het al gehoor van chowder, maar weet nie regtig wat dit is nie.

Om reg te laat geskied aan hierdie gewilde Amerikaanse sop moet jy ’n vars harder gebruik. Sny die vis in klein stukkies. Kook die grate vir ’n halfuur in water.

Smoor ’n fyngesnyde ui saam met ’n paar snye varkspek en ’n paar aartappels wat jy in klein blokkies gesny het. Sodra dit klaar is maak jy ’n laag hiermee in ’n soppot, dan ’n laag vis en so hou jy aan. Oor elke laag vis strooi jy gekapte pietersielie, tiemie, salie, sout en peper. Die water waarin die grate gekook is word oor die lae gegooi. Bedek die pot en laat stadig prut vir ’n halfuur.

Intussen kook jy 2 koppies melk saam met 60 g droë brood. Roer die mengsel by die res van jou sop.

No comments :

Post a Comment