Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/13/2010

Cassata

Cassata is ’n klassieke Italiaanse roomys. Dit is ’n baie duur nagereg wat in klein porsies voorgesit word. Dit hou baie lank in die vrieskas.


Om te begin week jy 125 mℓ droëvrugte koekmengsel, 60 mℓ glanskersies en 30 mℓ gekapte pistasieneute oornag in 90 mℓ brandewyn.


Jy het ’n reghoekige 1,5 liter houer soos ’n broodpan nodig. Verkoel dit in die vrieskas en voer dit dan uit met kleefplastiek of aluminiumfoelie - laasgenoemde maak dit maklik om die roomys uit te keer.


Intussen laat staan jy 1 liter vanillaroomys by kamertemperatuur vir 10 minute lank.
Nou smeer jy die binnekant van jou houer met die vanillaroomys. Plaas dit terug in die vrieskas vir ten minste 20 minute.


Maak nou ook 500 mℓ sjokoladeroomys sag en smeer dit aan die binnekant van die vanillaroomys. Vries weer vir 20 minute.


Klits 125 mℓ Crème Chantilly (of gewone room) saam met 5 mℓ vanillageursel tot styf, terwyl jy geleidelik 15 mℓ versiersuiker byvoeg. Klits ook een eierwit styf. Vou die geklitste eierwit by die geklitste room. Gooi die brandewyn af en vou die vrugte en neute by die roommengsel. Vul die holte van die roomyshouer met die roommengsel. Bedek die houer met aluminiumfoelie en laat dit ten minste oornag in die vrieskas.

Haal dit ’n uur voor jy dit wil bedien uit die vrieskas. Haal die foelie af en plaas die houer met die oop kant na onder op ’n bord. Plaas ’n warm vadoek oor die houer. Sorg dat jy heeltyd ’n warm vadoek op die houer het, tot dit maklik afkom van die roomys.

No comments :

Post a Comment