Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/05/2010

Appelkoos Suédoise

Die moeilikste deel van hierdie nagereg is die naam. Begin ’n dag voor jy dit wil bedien.

Jy gaan ’n soufflébak met ’n 15 cm-deursnee benodig.

Week 225 g appelkose oornag in 840 mℓ kookwater.

Kook die appelkose sag in die water waarin dit gelê het saam met ’n repie suurlemoenskil.

Vryf die appelkose deur ’n sif. Vul die puree aan met water tot jy 840 mℓ het. Plaas dit in ’n kastrol en voeg 110 g suiker by. Prut vir 10 minute.

Los 2 eetlepels gelatien op in 140 mℓ water.

Gooi die gelatien by die puree en laat afkoel.

Gooi die mengsel nou in jou nat soufflébak. Plaas in die yskas om te stol.

Keer die suédoise uit en bedek met 240 mℓ room net voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment