Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2010

Lamsboud

Begin hierdie boud 'n dag voor jy dit wil bedien.

Die resep is bedoel vir 'n boud van so 1,8 kg.

Meng 'n teelepel sout, 'n teelepel mosterdpoeier, 'n teelepel suiker, 'n teelepel, vars gemaalde swart peper, 'n teelepel fyngemaalde gemmer.
Vryf die mengsel goed in die boud in.
Laat die boud oornag so staan.

Sny 2 koffelhuisies in stukkies en druk dit in snye wat jy in die boud maak. Sorg dat die snye tot op die been gaan en jy die knoffel lekker diep indruk.
Besprinkel die boud met 'n eetlepel meelblom.



Verhit twee eetlepels olie in 'n braaipan.
Plaas die boud in die braaipan en plaas dit in 'n 200ºC oond en bak vir 'n uur.
Draai die boud gereeld om en sorg dat dit nie uitdroog nie.

Draai die hitte af tot 190ºC en gooi 80 ml braaivleissous oor die boud.
Braai vir 15 minute.

Gooi nog 80 ml braaivleissous oor die boud en braai weer vir 15 minute.

Haal die boud uit die oond en hou warm. Gooi die pansappe in 'n souspan en bring dit tot kookpunt. Kook dit af tot daar so 280 ml oorbly.
Verdik die sous nou verder met 28 g beurre manié.

Bedien die sous in 'n sousbeker.

No comments :

Post a Comment