Hierdie mengsel kan gebêre word tot die dag wanneer almal lus het vir koekies.
540 g koekmeelblom
10 mℓ bakpoeier
5 mℓ sout
200 g melassesuiker
200 g wit suiker
200 g kookvet
Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam.
Voeg die melassesuiker by.
Vryf die vet by die helfte van die mengsel tot dit soos growwe broodkrummels begin lyk.
Meng met die res van die mengsel.
Bêre in ’n lugdigte houer.
Meng 625 mℓ van bogenoemde mengsel met:
80 g klapper
60 mℓ appelkooskonfyt
50 mℓ lemoensapkonsentraat
grypie fyngerasperde lemoenskil
Skep teelepels vol van die mengsel op ’n gesmeerde bakplaat en druk dit effens plat.
Bak tot goudbruin by 180ºC.
Laat afkoel en bewaar in ’n lugdigte houer.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment