Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/25/2010

Vrugtekoek

50 g glanskersies
45 ml brandewyn
850 g droëvrugte koekmengsel
50 g neute
225 g koekmeelblom
2 ml sout
2 ml gemengde speserye
1 ml vars gerasperde neutmuskaat
225 g ongesoute botter
225 g melassesuiker
4 ekstra groot eiers
15 ml melasse
gerasperde skil van 1 suurlemoen
gerasperde skil van 1 lemoen

Plaas die glanskersies in 'n vergiettes en spoel die stroop af.
Droog kersies goed af en sny dit fyn op.
Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed.
Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel.
Bedek die houer en laat die vrugte oornag week.

Kap die neute fyn en sit dit opsy.

Smeer 'n diep koekpan met 'n deursnee van 20cm.
Voer die boom en kante met 'n dubbele laag gesmeerde waspapier uit.
Bind 'n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas.

Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam.

Verroom die botter en suiker tot lig en donsig.
Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op 'n keer by die bottermengsel in.
Vou af en toe 'n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif.
Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in.
Vou daarna die vrugtemengsel, neute en die res van die bestanddele in.

Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk.
Bedek die koek met 'n dubbele laag waspapier met 'n gaatjie in die middel.

Plaas die koek op 'n dubbel laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in 'n vooraf verhitte oond by 140ºC.

As 'n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar.

Laat die koek 'n halfuur in die pan afkoel.

Keer dit op 'n draadrak uit en sprinkel 'n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is.

Draai die koek in 'n dubbel laag waspapier toe.

Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot 'n jaar in die vrieskas gebêre word.
Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand en sprinkel brandewyn oor.


(foto garthimage)

No comments :

Post a Comment